My gunstelingkleur was nog altyd pink, so dit is geen verrassing dat my rok ook in hierdie kleur is nie. Die rok is gemaak van vloeiende satyn, wat perfek by die elegante voorkoms pas. Die agterkant is egter die 'ster van die show' met 'n oop rug en 'n kruisband wat in 'n strik aan my sy knoop.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoër Meisieskool Bloemhof
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek wou graag hê dat my rok my spesiaal laat voel en by my sagte persoonlikheid pas. Terselfdertyd wou ek ook iets hê wat gaan uitstaan. Na ure se rondsoek op Pinterest het ek verskillende elemente van verskillende rokke gekombineer om 'n rok te skep wat my verteenwoordig. Dit het my regtig soos 'n prinses laat voel.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Dit was beslis die rug! Van die begin af het ek geweet ek wil graag 'n oop rug hê, maar ek wou ook 'n element hê wat gaan uitstaan. Daarom het ek besluit om die twee te kombineer deur 'n band by te voeg wat oor my rug kruis en 'n strik aan my sy vorm.