Meruschka Venter
Hoërskool Noordheuwel
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My rok is ontwerp deur Vola Boutique.
Die inspirasie vir my rok se ontwerp het ontstaan vanaf 'n samestelling van verskeie rokke waaroor ek al vir jare droom na aanloop van my laaste skool jaar.
Die idee van 'n korset gepaard met 'n oorslaanromp het by my vas gesteek en gepaard met my silver juwele, hakskoene en handsakkie het die smarag groen mooi uitgestaan.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het al in my graad 10 jaar begin kyk na rokke aanlyn om te probeer vasstel waarvan ek hou en hoe my rok moontlik kan lyk.
Ek het na verskeie rokke gekyk en op verskeie rokke afgekom waarvan ek gehou het, maar ek kon nie kies tussen hulle nie.
Uiteindelik het ek besluit om iets vanaf elke rok te kies en my eie rok saam te stel, wat dit net 100 keer meer spesiaal vir my gemaak het, omdat ek geweet het my rok is totaal en al uniek.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van my matriekafskeidrok was die armband wat my ontwerper aan die onderkant van my rok vasgewerk het. Dit het my toegelaat om my rok op te lig terwyl ek op die dansvloer was en het dit soveel maklikker gemaak vir my om rond te beweeg.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-20