Meri Horn
Hoërskool Centurion
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My rok het ‘n korsetlyfie wat sag pas met romantiese frilletjies en blommetjies; ‘n romp wat vloeiend hang, met ‘n ietsie blink wat die lig vang. Dié ligblou balrok is ‘n elegante, klassieke, maar gemaklike sprokiesrok waarin ek kon dans en draai!
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja, Hoërskool Centurion
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het iets heeltemal anders in gedagte gehad en wou ‘n rok laat maak. My ma het voorgestel dat ek eers rokke gaan aanpas. Na ‘n klompie rokke, was die laaste rok, die een!
Ek was heeltemal verlief op hierdie elegante prinses-rok met sagte materiaal blommetjies, frilletjie moue en blink kralewerk. Dit het my soveel self vertroue gegee en soos ‘n prinses laat voel.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My hele rok! Veral hoe dit my laat voel… sag, vroulik en gemaklik.
Ek hou meeste van die frilletjie moue en hoe mooi die rok beweeg wanneer ek loop en draai. Die lae materiaal maak sagte blou kleure en saam met die fyn blommetjies, kralewerk, en laag op laag materiaal het my soos ‘n sprokiesprinses laat voel.
Die mense se verbasing toe hulle my in die rok sien, was wonderlik! ‘n Ware Aspoestertjie-oomblik.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-20