Mere Rossouw

Huguenote Hoerskool - Wellington

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok was geinspereer deur "Simple Elegance". Die rok is van 'n see-groen satyn materiaal gemaak en het elegante kraaletjie-afwerking op die korset om die satyn se kleur bietjie te breek en ook af te rond. Al van jongs af is ek bekend vir my olyf-kleurige blas vel. Die rok se kleur en ontwerp komplementeer my blas vel. Die "off-the-shoulder" stel my in staat om net genoeg aandag op my skouers te vestig, sonder om te veel aandag van die rok, grimering of hare af te trek. Die "off-the-shoulder" is ook gepas vir my figuur, namate dit my skouers pas, sonder om dit as "breed" te beklemtoon, maar dit eerder net so elegant soos die rok te laat lyk. Die wit en silwer kralewerk aan die korset komplimenteer ook my olyf-kleurige blas vel, sowel as my bruin oe.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Huguenote Hoerskool - Wellington

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek is 'n see-liefhebber, en dus het ek nog altyd myself in 'n see-groen rok gesien, want watter kleur is nou mooier as die die kleur van die perfekte brander op 'n sonnige dag. Die idee word reg deur die rok weerspeel, van die wit en silwer kraletjie-afwerking, die vloeiende romp en die verskuilde "slit", wat net soos die perfekte oomblik, slegs gesien kan word wanneer die koel wynland briesie daardeur waai. So word al die belangrike aspekte in my lewe deur die rok uitgewys, my liefde vir die see, sowel as my tuiste-dorp.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My matriekafskeidrok is vir my gemaak, en as iemand wat nie eintlik so gevestig is op rokke en aandag op myself te rig nie, was dit 'n eer om die rok van my drome te kon laat maak. Die rok was simplisties, tog kompleks, met 'n verskuilde "slit" wat slegs gesien kan word wanneer 'n briesie dit net op die regte hoek gevang het. Die kralewerk aan die bokant is ook 'n mooi afwerking tot die totale produk, namate dit my voorkoms, sowel as die res van die rok komplimenteer.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-19

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media