Mené Welgemoed

Hoërskool Lydenburg

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My droom was nog altyd om n groen rok vir my matriekafskeid te dra. Ons het na materiaal gaan kyk en van die oomblik wat ek die groen glitter materiaal gesien het, was ek verlief daarop. Ons het die vir Claire Klopper gewys en sy het die materiaal in my droom rok omskep. Die romp is ook baie vloeiend gewees en het n perfekte sirkel gevorm as ek draai. Die rok het ook n korset binne vasgewerk gehad wat gesorg het dat alles mooi vertoon.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja op 19 September 2024

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Omdat my hare blond en my oë groen is, het die kleur van die rok dit beklemtoon. Ek wou ook graag n rok gehad het wat vloeiend en gemaklik is en wat sakke het sodat ek nie n handsak saam my hoef te dra nie. Die rok was ook baie vleiend vir my liggaamsbou.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling was as die son op die materiaal skyn. Dit het geskitter en die kleur bly flip. Ek was ook mal oor die rok wat so vloeiend was en die sirkel wat hy maak as ek draai.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-19

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media