Melizke Van Breda

Klerksdorp Hoërskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het ‘n geel rok in ‘n A-lyn styl, wat die beste by my figuur pas. Die boonste deel is noupassend.Aan die een kant is slegs kraletjies met ‘n strik op my skouer & aan die ander kant is die geel materiaal geplooi. My rug is oop met slegs van die kraletjies aan beide kante.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Klerksdorp Hoërskool

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek is iemand wat nie noodwendig direk vir jou kan sê waarvan ek hou of nie, maar 1 ding het ek wel geweet, my rok móét geel wees! Ek het wel ‘n foto gesien met dieselfde ontwerp op die bo-stuk & ek en my ontwerper het die rok van daar af my eie gemaak.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek weet dis ‘n cliché, maar ALLES! Van die strik op my skouer vir ‘n bietjie drama, na elke kraletjie wat op die perfekte plek geplaas was om die prentjie te voltooi. Die beltjie het nommerpas om my middel gepas & die knopies het net al die mooi beklemtoon.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-19

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media