Melissa van Rooyen
Woodhill College
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Matirekafskeid gebeur net een keer, dink van klein dogtertjie af begin jy beplan en droom, sonder dat jy eers agterkom. En glo vir my as ek se, my idees en drome het deur die jare verander. Op die einde van die dag en met my ma se bystand, is my rok presies wat by my en my persoonlikheid pas. Die rok is sak en vloeiend en baie belangrik, gemaklik!
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Woodhill College
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Pinterest was my beste vriend. Ek wou egter 'n rok hê wat jou vertel wie ek is. Gesofistikeerd, 'n bietjie ekstra, aandag op detail en elegant. Die ontwerper Johan Botha het dit alles met meesterlike vaardigheid gerealiseer. Ons het selfs "sneacker" gebling soos my rok vir laat aand gemaklike dans. Wens ek kon nog fotos stuur van dit.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Ek het die onderkant van my rok absoluut gelief. Die sagtheid en vloei wat die enkstra net gegee het was so ek. Ek dink dit het regtig die hele rok verhef en was baie pret op die dansvloer. Dan was daar ook elke aanpas afspraak wat deur my ma en Johan so spesiaal gemaak is.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-20