Melissa Van Deventer
Klerksdorp Hoërskool



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek het van die begin af ‘n Elegante minimalistiese rok in gedagte gehad wat by my persoonlikheid en petite liggaam pas. Ek hou nie van tierlantyntjies en wou nogsteeds soos myself op die matriekafskeid lyk. Al my drome oor die perfekte rok is bewaarheid deur Le Roux Couture. Die aand was perfek en ek was bevoorreg om die spesiale geleentheid saam my kêrel Redante te kon beleef.