Melinique Ellis

Hoërskool Noordheuwel

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die geheim van goeie styl, is om goed te voel in wat jy dra.

Jou styl is 'n diep persoonlike uitdrukking van wie jy is en elke keer as jy aantrek, vertoon jy 'n deel van jouself. Hierdie rok is ‘n perfekte repliseering van my persoonlikheid. Ek wou gaan vir die grasiuese en elegante “look”. Elegansie is wanneer die binnekant net so mooi soos die buitekant is.
Ek was nog altyd verlief op feeverhale en blomme, en met behulp van Shene Vyver couture het sy my sprokiesverhaal ‘n realiteit gemaak. Die skitterende materiaal wat aan die onderkant van my rok gemaak is, vertoon my sprankelende persoonlikheid. Ek het soos ‘n regte sprokies prinses gevoel.
Met ‘n swaai van ‘n towerstaffie (poeierkwas) het Francois de Klerk my laat glo, ‘n glimlag is die mooiste grimering wat ‘n vrou kan dra.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media