Melindie du Preez

Hoërskool Stellenberg

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is 'n styfpassende, vloerlengte swart rok met pragtige, ingewikkelde kantdetail wat my persoonlikheid weerspieël. Die bandlose, hartvormige neklyn beklemtoon my figuur. Die bostuk is versier met swart blomkantpatrone wat 'n gevoel van tekstuur en elegansie aan my rok gee, en die gedeeltelik deursigtige materiaal rondom die middel voeg 'n gesofistikeerde, semi-deursigtige effek by—dit is aanloklik, maar steeds beskeie. Die kantdetail wat oor die hele rok strek, skep 'n elegante voorkoms wat die perfekte glans van my matriekafskeidrok uitstraal.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Stellenberg

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het van kleins af altyd belang gestel in mode ontwerp en omdat ek ontwerp as 'n vak neem, het dit my die vermoë gegee om my droomrok te ontwerp. Ek het nogal baie druk op myself geplaas, want almal het hoë verwagtinge van my gehad. Ek het my perfekte ontwerp in gedagte gehad, maar toe ek die materiaal gaan soek, besef ek tot my spyt dat dit nêrens beskikbaar is nie. Ek was aanvanklik baie teleurgesteld, maar toe ontdek ek hierdie materiaal met kantdetail en toe weet ek dadelik hoe my rok moet lyk.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my matriekafskeidrok was dat dit perfek gesit het aan my, hoe ek daarin gevoel het, en dat dit 100% soos my droomontwerp uitgekom het. As ek een deel moes kies wat my absolute gunsteling is, sou dit die lae rug met die kantdetail wees.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-19

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media