Melaine du Toit



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My beste vriend van Laerskool dae, Lombard Conradie, het my vroeër die jaar gevra om hom te vergesel na sy Matriekafskeid by Paarl Boys' High op die 29ste September 2022. Ek het reeds 'n rok gehad om te dra vir Lombard se Matriekafskeid, maar nadat ek hierdie Sonneblom geel Stephen van Eeden skepping, al die pad uit die Kaap, op die loopplank by my skool (Hoërskool Duineveld in Upington) se Mejuffrou Veltieland gesien het op die aand van die 27ste September 2022, het ek heeltemal my hart daarop verloor en was my vorige rok keuse iets van die verlede!
Laurika Rauch sing: "Ek bring vir jou 'n sonneblom uit Bethlehem, gee dit water by Bloemfontein, uit Hanover bring ek Kappertjiesaad uit die tuin van nr.3 Darlingstraat en hanepoot druiwe uit die Paarlvallei…" Dit is vir my 'n perfekte sin-spelling van hoe ek my sonneblom geel droomrok gekry het! En net soos die 2 verliefdes in die liedjie, het ek en my ouers die dag na Mej. Veltieland die lang pad Kaap toe aangepak agter my droomrok aan. Dit was 'n perfekte pas, die goudgeel tulle valle details wat my omvou het, het my laat voel soos 'n opgewonde meisiekind prinses, maar ook bemagtig en vroulik – 'n moderne weergawe van Belle, soos uit die Disney sprokies verhaal – Skoonlief en die ondier. Dit was 'n heerlike aand gevul met soveel komplimente en lekker partytjie saam die res van die jongmense by die Matriekafskeid, 'n aand wat ek nie gou sal vergeet nie en beslis 'n rok wat ek vir altyd sal bewonder en op my mooiste in sal voel! Dit sou nie moontlik wees sonder my wonderlike ouers wat moeiteloos my gehelp het dat ek hierdie mooi rok kon dra, ek voel ongelooflik bevoorreg en glo elke meisie verdien dit om op haar mooiste te lyk by haar Matriekafskeid!