Méjon Barnard
Pretoria Noord Hoërskool
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My matriekafskeid rok is 'n pragtige weergawe van my persoonlikheid en styl. Die rok is 'n diep bruin kleur wat 'n gevoel van warmte, selfvertroue, skoonheid en elegansie uitstraal. Die rok sit gemaklik en beklemtoon my figuur. Ek wou nog altyd uitstaan in die gehoor en nie soos almal 'n glinsterende blou, rooi of groen rok dra nie. My rok is nie net 'n kledingstuk nie, dit simboliseer die einde van 'n tydperk en die begin van 'n nuwe avontuur.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Pretoria Noord Hoërskool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Die inspirasie vir my matriek afskeidsrok kom van die sterk vroue in my lewe. Vroue soos my ouma, my ma asook die ontwerper van my klere, tannie Rachel, met hul moed en vaseberadenheid wat my geleer het om te glo in myself en om altyd my drome na te jaag,. My rok is 'n weerspieëling van hul krag met die pragtige bruin kleur. Kleur is ‘n energie wat met ons eie energie hand aan hand loop. Toe ons op 'n kleur besluit het, het ons saam op bruin en swart besluit, want die bruin van my rok is ‘n teken van my eerlikheid, ek is plat op die aarde en altyd ondersteunend, terwyl die swart wat daarmee gekombineerd was, die deel van my sterk wil en eiesinnigheid uitstraal.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die gunsteling deel van my rok is die gordel om my middel wat deel vorm van die Wapen rusting van God. "Die Waarheid as Gordel", is die eerste element van ons wapenrusting soos in Efesiërs 6:14 aangeteken is. Versoeking is hoog op GOD se lys van afsku. "'n Tong wat lieg" is een van die dinge wat HY as afskuwelik beskryf. Die Gordel om my middel herinner my daaraan om altyd die waarheid te praat, al is dit tot jou grootste nadeel.
Datum van matriekafskeid?
2024-10-11