Megen du Plessis
CVO Zoutpansberg



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek het nogaltyd vanaf ek kan onthou 'n princess rok gesoek vir hierdie dag. Ek het 'n rok gesoek wat geblink het, gehop het en so groot was dit moes almal uit die pad uit gestamp het en dis presies wat ek gekry het. My rok was geïnspireer deur 'n barbie film wat ek stukkend gekyk het as 'n klein dogtertjie, die film se naam is "Barbie and the island princess" dis ook waarvandaan die vere gekom het wat deel gevorm het van my finale voorkoms. Die top van my rok was geïnspireer deur 'n diertjie wat ek nogaltyd gesimboliseer het met vryheid en dit is 'n skoenlapper, die patrone het so mooi uitgekom en my dag was waarlik 'n sukses.