Megan Whitlock

HOERSKOOL SECUNDA

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek is n meisie van die platteland. Die Hoeveldse Donderstoms fasineer my en dit is ook die inspirasie van my rok se kleurkeuse… Dis n kombinasie van Moody Blues en Stormy Greys met n titseltjie blou van die skoon hemelruim na n donderstorm.
Thomas Webb het my droomrok ontwerp en gemaak.
Ek het nooit in my wildste drome gedink dat ek ooit so mooi sal lyk nie. My melkwit vel het perfek met my rok se kleure ingeskakel. My grimering was sag en natuurlik en my juwele het net n titseltjie glans gebied. Ek is baie lief vir dans en daarom het ek plat skoentjies gekies om my voorkoms af te rond.
Ek is n plain Jane en wou graag natuurlik voorkom, soos wat ek is.
Baie dankie aan almal wat my Matriekafskeid droom help bewaarheid het.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media