Megan Saaiman

Helpmekaar Kollege

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het nog altyd geweet ek wil 'n matriekafskeid rok dra wat ánders, maar steeds klassiek en elegant is. Ek wou die gewilde rooi kleur van vele tradisionele aandrokke op ‘n unieke manier inkorporeer om my spontane, effens dramatiese persoonlikheid te weerspieël.

Na alles bly dit tog maar hoe rooier, hoe mooier – daarom ook my keuse vir my rooi hakskoene om my uitrusting af te rond.

My ontwerper, Henk Oosthuizen, het presies geweet wat ek alles in my rok wou hê, en met sy raad en ervare ontwerpers-oog was die eindproduk ‘n flambojante rok wat my soos ‘n handskoen gepas het.

Ek het inderdaad soos ‘n Spaanse prinses gevoel – ‘n sprokiesaand wat ek nooit sal vergeet nie!

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media