Megan Petersen

Die Hoërskool Menlopark

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die ‘statement’ rok. Of só het my wonderlike rokontwerper, Carike Nel, dit genoem. My doel vir die matriekafskeid was dat ek graag wou uitstaan. Ek wou ‘n rok dra waarna mense sou stop en twee keer kyk. Die idee van die ‘valle’ ,soos mens dit noem, was om die rok ‘n dramatiese majesteit te gee. Ek het nog nooit van tevore so iets gesien nie en dit het onmiddellik my oog gevang. Saam het ek en Carike ’n droom rok ontwerp wat my figuur komplimenteer en my soos ‘n model laat voel het. Die rok is gemaak van ‘n elegante rooi satyn lap met ‘n sprankelende krale kant bo-op.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Die Hoërskool Menlopark

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Wanneer ek dink aan matriekafskeid spring die gesegde, hoe rooier hoe mooier, dadelik by my gedagtes in. Ek het al van kleins af geweet dat ek eendag ‘n rooi rok wil dra by my matriekafskeid. Op my soektog na idees en inspirasie vir my rok het ek reeds geweet dat ek opsoek is na iets unieks. Ek wou voortreflik en kenmerkend, maar steeds tydloos vertoon. Die inspirasie vir die sogenaamde ‘valle’ het ek gekry by die rooirok-salsadans-emoji. Vir my symboliseer die op- en afdraandes van die valle die op- en afdraandes van die lewe en meer spesifiek, van my hoërskool loopbaan. Ek het ‘n paar rokke aangepas om te sien watter snit die beste op my bolyf sal wees. Na wat gevoel het soos ‘n ewigheid van rokke, het ek uiteindelik die perfekte ‘sweetheart neckline’ gekry waarop ek verlief geraak het. Die inspirasie van my rok was dus ‘n effense skattejag gekombineer met ‘n paar toetslopies.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die manjifieke valle was beslis my gunsteling deel van my droom rok. Alhoewel ek ook verlief geraak het op die sprankelende partone van die krale kant wat bo-oor die satyn vasgewerk is, was dit steeds die valle wat kop uitgesteek het in dié wedloop.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-20

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media