Megan Engelbrecht
Hoërskool Rustenburg
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek het die ontwerk gekies want dit is iets wat vir my gemaak is . Die rok skree my naam en my persoonlikheid . Die kleur van die rok gee vir my die gevoel van hoop, geluk, optimisme en vreugde , en dit is waarna ek streef in die lewe.Die one shoulder ontwerp laat jou gemaklik voel om 'n bietjie vel te wys sonder om albei skouers ten volle te ontbloot in 'n bandlose ontwerp.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja,Hoërskool Rustenburg
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Die kleur geel is net vir my bewyse dat daar altyd lig aan die einde van die tonnel is.Geel is net dood eenvoudig die kleur wat altyd n glimlag op my gesig kan sit al is dit in donker tye.En natuurlik ook die feit dat my gunsteling blom wat is sonneblom is ook geel is.Ek het al in 2020 op die ontwerp en die kleur besluit, die rok was nog altyd my droom en dit het net beter uitgekom as wat ek ooit sou kon dink.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die feit dat my rok wyd was onder en dat ek glad nie ongemaklik was in n stywe rok nie . Ek kon beweeg soos en wou en ek kon net myself wees .
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19