Megan du Toit

C&N Sekondêre Meisieskool Oranje

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

In 'n skool omring met soveel stylvolle meisies, wou ek hê dat my rok anders, uniek, en eie-aan-myself moes wees. Alhoewel my wye-romp-rok, met die mooiste korset-rug en plaaslike Oudtshoorn volstruisvere, eenvoudig was, het dit my steeds soos 'n prinses laat voel. Toe ek my rok vir die eerste keer aantrek, was ek nie meer bekommerd oor hoe al die ander meisies se rokke gaan lyk nie, want ek was en is nogsteeds verlief op my enig-in-sy soort matriekafskeidrok.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

C&N Sekondêre Meisieskool Oranje

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek glo vas in die gesegde van "Less is More" en daarom was my inspirasie vir my rok dat ek die mooi van elegansie en tydloosheid wou uitbeeld, maar ook 'n paar moderne elemente inbring. Dit was vir my belangrik dat my rok my uitgaande persoonlikheid uitbeeld, en daarom voel ek die vere was die perfekte idee.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my matriekafskeidrok was die feit dat dit só gemaklik was dat ek steeds my kenmerkende danspassies kon uitvoer en met selfvertroue kon loop. Die lengte van my rok het beslis daartoe bygedra en ek was nie bekommerd dat ek my rok gaan vastrap nie.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-19

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media