Ek het met idees op sosiale media van verskillende rokke gespeel en op een af gekom van 'n een skouer met 'n wye romp. Vandaar af het ek en Annamart van Ann Sofi Couture begin rondspeel met kleure, ontwerp en tekstuur. Ek wou iets uniek hê wat by my persoonlikheid pas. Die rok het bestaan uit satyn en twee lae tulle in drie verskillende kleure en afgewerk met mooi kant.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Jim Fouché
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek wou soos 'n prinses voel met 'n unieke kleur wat by my persoonlikheid pas, maar ook verrassend anders as die normale kleurskemas wat ek normaalweg dra. Ek wou ook 'n rok hê wat wyd draai as ek in die rondte draai, maar tog ook die elegante element aanraak.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Ek kan nie presies een deel uitlig van wat my gunsteling was van my rok nie, want als van my rok het presies die prentjie wat ek in my kop gehad het aangespreek. Die eindproduk was my droom rok wat nie net my selfvertroue versterk het nie, maar my ook soos 'n regte prinses laat voel het.