McKayla Roesch
Helpmekaar Kollege
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Die rok het ń elegante en verfynde ontwerp met ń skouerlose styl wat subtiele sofistikasie uitstraal. Die diep ryk donkerblou materiaal is gedrapeer om my middel om ń vloeiende effek te gee. Dit gee die rok dimensie en beweging wat lei tot ń elegante ligte voorkoms wanneer dit gedra word. Die gedrapeerde materiaal skep ń indruk van moeiteloosheid al moes als met die hand so vasgewerk word. Die lyne en algehele vloei van die rok word gekomplimenteer deur die steuntjies wat daarop vasgewerk is. Die bodice is noupassend en beklemtoon elke aspek van my liggaam goed, terwyl die semi-deursigtige materiaal dimensie en misterie skep.
Dit het ’n hoë spleet aan die een kant, wat beweging vergemaklik en ’n subtiele blik op die been gee, terwyl die romp grasieus afvloei vir ’n sagte, eteriese voorkoms. Die kombinasie van donker materiaal en sprankelende steuntjies maak die rok uniek maar tog gepas vir ń geleentheid soos ń matriekafskeid.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Helpmekaar Kollege
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het baie lank gewik en geweeg oor wat ek wou doen.
Dit is dalk al ń cliché maar ek wou iets doen wat my as persoon in ń rok kon opsom.
Die oomblik toe ek die donkerblou materiaal sien toe weet ek dat ek iets tydloos en magies soek.
ń Rok waarna jy heeltyd sal wil kyk of nog nie gesien het nie. ń Vloeiende rok wat lyk asof die materiaal om my vloei.
Die rok is geheimsinnig, vloeiend en eteries.
Dit lyk soos die sterrehemel en baie sê dit lyk asof Vincent van Gogh se “Starry Night” portret in ń rok omskep is.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel is al die verfynde detail. Van naby af kan jy sien hoe al die verskillende steuntjies en skakerings van blou saam ń mooier prentjie skep.
Datum van matriekafskeid?
2024-10-05