Mbali Magagula

Hoërskool die Wilgers

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok was n kort, goue rok wat uit slegs "diamanté en mesh" bestaan het met ń "touch of beauty" van hangende stringe diamante wat ek voel my liggaam perfek gekomplimenteer het. Eenvoudig, elegant en uniek presies soos ek dit wou hê! Alles te danke aan die perfekte ontwerper @sihle_the_designer.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My rok is vir my baie spesiaal, nie net voel ek weerspieël dit my sprankelende persoonlikheid nie, maar komplimenteer dit my as persoon ook. Ek sou defnitief sê dat my ouma ń groot aandeel gehad het in die reis opsoek na die perfekte rok vir my. My ouma is nog altyd vir my ń rolmodel en is die toonbeeld van elegansie en mode aangesien sy altyd seker maak dat geen ouderdom haar voorsê om te dra wat sy wil nie, nes n regte "fashion diva". Ek het besluit op n kort rok aangesien ek voel dat dit heeltemal iets anders is as die doodgewone lang matriekafskeidrokke wat almal altyd dra. Die dag was propvol emosies, bietjie kners op die tande, nie net van stres nie maar ook koue. Ek sou die dag glad nie anders wou beleef nie!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunstelling deel van my rok is defnitief die feit dat my ouma ń aandeel en sê daarin gehad het. Die kleur van my rok was ook ń gunstelling aangesien goud nie ń algemene kleur is wat op ń matriekafskeid gedra word is nie. Goud weerspieël ook luuksheid, sukses en bereikbaarheid, alles wat ek wel eendag in die lewe wil en gaan bereik. Woorde alleen kan nie my rok of matriekafskeid 100% defineer vir wat dit regtig was nie!

Datum van matriekafskeid?

2024-09-21

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media