Martlie janse van rensburg

Oranje c&n meisieskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is n elegante mengsel van tydloosheid en uniekheid. n Klassieke snut is opgekukker met drie smaakvolle gapings aan my regter sy. ń Band vloei oor my linker skouer na my middel, saamgesnoer met goue drade in kontras met die inkswart materiaal van my rok. My regterbeen wys deur n rokspleet wat smelt in ń sleep in. My sleep het my deur die aand gevolg- totdat ek wou dans… behalwe dat my sleep beslis die kersie op die koek sit, is dit ook funksioneel! Die onderkant van die sleep kon vasknip in die voering in, dat ek gemaklik kon dans. My ontwerper het werklik my visie met naald en garing uitgevoer.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Oranje c&n meisieskool

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Kintsugi- die japanese kuns waar gebroke kleipotte herstel word deur die krake te vul met goud. Nes die kleipotte meer waardevol raak nadat hulle gebreek het so is dit met ons ook met ons onvolmaakthede.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok is die a-simmetriese patroon en die lyne van goud wat nie by mekaar uitkom nie. Dit is volmaak en pragtig sonder om perfek te wees.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-19

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media