Marnay Henning

Hoërskool Die Anker

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

As n jong dogtertjie het ek n idee gehad van die tipe rok wat ek wou hê en ek en my ouma het al ons idees bymekaar gehou en ek het altyd gesê as my ouma nog geseënd sou wees om dit vir my te maak sal dit baie spesiaal wees. Toe die tyd naby kom het ek en my ouma self die rok ontwerp en my ouma het n toetslopie van alles gemaak. Eerste was die kleur en tipe materiaal noodsaaklik, ek wou n spesifieke bloedrooi kleur hê ! Tweedens het ons die toppie ontwerp en gemaak, dit was perfek! Mooi kant , mooi bedek voor en ingeryg agter! Derdens was dit die kortbroek met sakke wat ek onder die romp aangehad het wat dit maklik sou maak om in te dans! Laastens was dit die romp. Ek was baie spesifiek dat die romp. Dit moes korter voor wees en geleidelik langer na agter toe loop met net n bietjie van n sleep. Dit was alles dubbel materiaal, voor en binne om mooi te vertoon en te hang. Binne in die soom het my ouma n versterking ingewerk om die romp te lig perfek het alles in plek geval. Die toetslopies was n wenner want so het ek en my ouma ons veranderinge aangebring en die finale matriekafskeidsrok was asemrowend mooi. Dit was perfek, alles was spesifiek vir my gemaak en ek het elke minuut in my rok geniet en na dat ek die romp uitgetrek het en my kortbroek ten toon gestel het was dit n groot verrassing vir almal. Ek is dankbaar vir my ouma en al die tyd, moeite en liefde wat in die maak van my
Matriekafskeidsrok ingegaan het. Ek het die ontwerp, die patrone, die toetslopies basies alles gebere Om een dag vir my kinders te wys. Dit was perfek vir my!

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media