Ek wou graag hê dat my rok my persoonlikheid, en lewe tot nou, weergee. Ek het 'n mini rok met 'n net bo-oor gekombineer met 'n wit romp waarop ek geverf het. Ek het blinkertjies op die moue aangebring en met 'n bietjie "bling" bykomstighede, my uitrusting 'n bietjie vonkel gegee vir die groot aand.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja, Hoërskool Sentraal.
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek is baie lief vir die natuur, kuns en is veral passievol oor animasie. Op die agterkant van die romp het ek van my gunsteling karakters van die stories waarmee ek opgegroei het, geteken en geverf. Tydens Covid het ek my hart en lewe vir die Here gegee en word dit op die voorkant van die romp uitgebeeld.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Ek hou baie van hoe die rok uitgekom het aangesien dit my eerste probeerslag was en ek beperkte tyd gehad het om dit te doen. Ek het dit tydens ons Junie eksamen geverf. Op die 13 de Junie het ons ons laaste vak geskryf en die 14 de Junie was dit ons afskeid. Ek het mooi gevoel en ook baie gelukkig omdat ek dit kon voltooi.