Marlene Carstens

Hoërskool Stellenberg

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Eerstens het ek die "burnt orange" gekies want die kleure van die seisoen is helder!! Soos hulle sê hierdie seisoen is "orange the new black". Die kleur pas ook by my gelaatskleur en persoonlikheid.
Die bo-stuk wou ek iets van die korset styl uitbring, sonder om te veel soos onderklere te lyk. Daarom het ek die "boning" detail aan die voorkant en inryg detail aan die agterkant laat inwerk.
Die romp wou ek 'n sagte uitklok effek gehad het met 'n prominent sleep vir die wow… effek.

Ek was mal oor my rok. Ek het goed daarin gevoel. Dit het my lyf gekomplimeneer en ek het dit met selfvertoue gedra. Dit was nie oordadig nie, maar elegant en styvol met 'n tikkie mode element van die seisoen en bietjie van 'n wow.. faktor.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media