Marla de Jager

Ermelo Hoërskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ons het vir Elzaan van Mamilla Fashions in Pretoria gekontak om my rok te ontwerp en te maak. Ek is nie vir een oomblik spyt dat Elzaan en haar span my gehelp het nie. Elzaan het dadelik verstaan wat ek in gedagte gehad het en my gehelp om die kleur en bykomstighede te kies. Ons het op grys besluit omdat dit vir my uitgestaan het en dit was bietjie anders as die helder kleure waarvan ek nie hou nie. Baie mense dink grys kan "dood of vaal" lyk, maar ons het op die blink bo-stuk en silwer bykomstighede besluit wat lewe aan die rok gegee het. Die wye romp en nou passende bo-stuk was vir my stylvol en het my persoonlikheid beklemtoon.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja te Kralinbergh Ermelo

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het vanaf gr. 8 al 'n idee gehad vir my rok, al was die matriekafskeid nog ver. Ek is 'n plaasmeisie en hou van natuurlike en neutrale kleure soos khaki, bruin en grys. Ek is ook iemand wat nie van te veel fieterjasies hou nie, hoe eenvoudiger hoe beter vir my. Ek hou van wye rokke en wou 'n rok hê wat my soos 'n prinses sou laat voel, want ek dink tog elke meisie wil een of ander tyd in haar lewe soos 'n prinses voel.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Dit is nogals 'n moeilike besluit aangesien ek van alles van my rok hou. Wat wel vir my uitstaan is die wye romp wat my soos 'n regte prinses laat voel en natuurlik my skoene, want watter meisie hou dan nie van mooi skoene nie...

Datum van matriekafskeid?

2024-09-19

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media