Marjorie Naude
Bethlehem Voortrekker
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My rok is deur Casper Bosman ontwerp en gemaak. Dit is 'n navy halternek rok met pereldetail, 'n bree band om die middel en 'n groot strik wat die rok agter mooi afrond. Vir my is dit die perfekte matriekafskeidrok, 'n kombinasie van styl, elegansie en persoonlike flair.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Bethlehem Voortrekker
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Die inspirasie vir my rok was tydlose elegansie...iets wat vir jare steeds vir my mooi sal bly. Ek wou graag 'n groot strik op my rok he om 'n moderne kinkel by te voeg. Dit was vir my ook belangrik om gemaklik en soos myself in die rok te voel.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Dit is vir my moeilik om iets uit te sonder van my rok. Ek was mal oor die neklyn en die bree band wat my middel beklemtoon het en natuurlik die wye romp wat met elke tree saam met my beweeg het.
Datum van matriekafskeid?
2024-10-03