Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek het in 2021 by Teneo begin homeschool en my hond Liefie het altyd saam my getrou klas bygewoon. Sy het die hele dag by my gesit terwyl ek klas het. My droom was om Liefie saam matriekafskeid toe te vat saam met my, maar sy is toe dood aan kanker in 2023 tydens my Junie eksamen. Sy het baie daarvan gehou as ek blomme in haar hare sit. Sy het ook baie van aandag gehou, so my rok het ek ontwerp om aan haar te dink omdat sy nie saam my kon gaan nie, maar toe ek die ontwerp van blomme sien saam met die vere, het ek dadelik daarvan gehou. Dit is asof sy met my gepraat het.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Teneo (Aanlyn)
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie vir my matriekafskeid rok was die vere saam met die blomme en dat ek dit gebruik het vir my skouer bandjies. Die kleur van die rok het ek gekies, omdat ek hou van lekker sagte kleure en ek is ook 'n baie sagte persoon, so die blomme en vere het perfek gepas saam met die kleur en my persoonlikheid
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die blomme wat my aan Liefie laat dink het en die vere deur die feit dat sy vir my se dat al kan sy nie persoonlik hier wees nie, is sy tog nog steeds hier in my hart.
Datum van matriekafskeid?
2024-10-05