Marizel Brits

Hoërskool Oos-Moot

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is uit n donker pienk kant gemaak met n korset en n elegante mou wat oor my een skouer hang.Dit was vir my belangrik dat die impak so groot as moontlik moes wees as ek op die dansvloer draai en ek dink die ongelooflike ontwerper van my rok Karen van Karen Couturier het n uitstekende werk gedoen om die tydlose, elegante beeld wat ek wou skep in werklikheid om te sit.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Toe ek in graad 8 was het ek eendag in my daaglikse verveelde toestand op my foon gesit en Instagram kyk toe ek op n foto afkom van n pragtige,pienk rok met valletjies wat lyk asof hulle verewig aangaan en van daardie dag af tot in met die dag van my matriekafskeid het ek geweet dit is my rok.Ek was baie bang dat dit nie sou uitkom soos ek wou gehad het nie omdat ons baie lank gesoek het vir iemand wat bereid was om die rok te maak,maar op die ou einde het dit mooier uitgedraai as wat ek ooit kon verwag.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunstelling deel van my rok is hoe hy lyk as hy beweeg.Dit het my fotos so uniek gemaak en het amper gelyk asof my rok vanself rond gedans het.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-20

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media