Marizel Barnard

Hoërskool Transvalia

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek wou graag 'n rok dra wat elegant en ook anders is, en by my pas. Die rok se styl is spontaan en ook dramaties, dit som my perfek op! My ouma het my rok gemaak en dit is vir my ekstra spesiaal . Ons het 'n paar keer verander aan die ontwerp en het heel laaste besluit dat die rok een lang mou moet kry wat tot op die grond hang…daar was te min lap en my ouma moes uit die snippermandjie stukkies lap kry en aanmekaar las om die lang mou te kon maak. My rok het my wildste drome oortref en ek glimlag elke keer meer wanneer ek na my fotos kyk!

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media