Marizé de Bruyne
Hoërskool Stellenberg
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My rok is gemaak uit "Dupion silk" wat geweef is met pienk en blou sy draadjies. Dit skyn soms pienk en soms weer pers afhangende van die beligting. Ons moes dus iets soek vir 'n romp wat die uitsonderlike sy se kleur sou komplimeteer.
Na heelwat ure in die materiaal winkels saam met my ma en designer van my rok, Lizelle de Bruyne (Lizelle_dzign), het ons die pragtige kombinasie saamgevoeg van 'n basis laag pers satyn waaroor ons die lagies gebou het om die perfekte kleur te kry. Twee blou en een pers lagie sagte net en n finale boonste laag pienk met die fynste geborduurde kraletjies en pallette was wat die perfekte skynsel gegee het om die sy se prag te evenaar. Ons was so opgewonde dat ons uiteindelik dieselfde kleurspeling as die beplande halternek toppie gekry het. Om die regte effek te kry het ons plat plooie gebruik om die kleur aan te moedig om te speel. Die onderrok het ek self gemaak sodat dit bietjie uitskop by die voete. Vir die ontwerp van die toppie het ons gebruik gemaak van 'n lang lyf wat pragtig om my middel gesit het. Ons het ook 'n unieke neklyn wat 'n kombinasie is van 'n sweat heart en 'n halter nek, gemaak. Dit het pragtig gelyk. Verder het ons bandjies op die rug aangesit waarop ek self die krale gewerk het. Die toppie is afgerond met blou krale en die pienk krale op die romp om die halslyn te komplimenteer en harmonie te vorm reg deur die rok. Om die perfekte afronding te gee het ons oorgetrekte knopies en lussies gebruik. Al hierdie klein besonderhede en die meters op meters lap wat ons gebruik het, het gesorg dat ek 'n regte barbie prinses rok kon hê.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Stellenberg
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ons inspirasie het begin by 2 meter besonderse Dupion silk wat ons 8 jaar gelde geskenk gekry het by ons buurvrou in Nederland wat dit op haar beurt in Israel gekoop het. Met ons terug verhuising na Suid Afrika het my ma geweet dat daai stuk materiaal bedoel was om my Matriek afskeid rok te word.
Van kleins af aan het my ma se troufotos met die rok wat my ma en my ouma ontwerp en gemaak het bo ons trappe gehang. Ek het altyd die trappe geklim en met wonder gestaar na die fotos en verlang na 'n tyd wat ek daai rok sal kan aanpas.
Toe ons met my matriekafskeidrok ontwerp begin het, het ons in die middel van die nag speels besluit om my ma se trourok aan te pas. Soos ek 12h00 in die nag voor die spiël gestaan het, het ek opnuut verlief geraak met die halternek ontwerp wat my ma en my ouma 25 jaar gelede op besluit het.
Toe ons die perfekte materiaale gevind het om die spesiale dupion sy te komplimenteer, vir die pragtige rompgedeelte, was ek geinspireer deur die 5 verskillende lae net oor mekaar, wat die kleur al klaar 'n bietjie laat speel het, om plat plooie in te sit wat die verskuilde blou kleur onder die pienk en pers laagies af en toe te laat aksentieer afhangende van hoe die rok val. Hierdie het gesorg dat die kleur net so veel gespeel het soos die dupion sy. Deur die inspirasie van my materiaal en ook die ontwerp van my ouma, weet ek dat my persliefhebbende ouma in die hemel trots sou wees om steeds deel te gewees het van haar jongste kleindogter se matriekafskeid.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Soos iemand vir my ma gese het: elke klein aksent op hierdie rok is perfek. Ek is verlief op my halterneklyn, die rug se knopies, die bandjies, die plooie, en veral: die manier hoe die rok met die verskillende kleure speel.
Buite die uiterlik van die rok, was die pad wat ek en my ma saam geloop het die ultime gunsteling ding van my rok.
Vanaf die ontwerp wat ons een nag gemaak het, giggelend op my bed nadat ek haar trourok gepas het. Die talle passings (waarvan helfde eintlik maar net was vir my om my rok te bewonder). Die werk aan die onderrok en die bandjies se kraaltjies, terwyl sy aan ander dele van my rok gewerk het. Tot die dans in my amper finale rok om te kyk of dit "dansable" is (of om net weer die rok te bewonder). Al hierdie momente is wat my matriek jaar so spesiaal gemaak het en wat regte laaste "core memories" met my ma was voor ek volgende jaar in 'n koshuis intrek.
Dit was n voorreg gewees om 'n designer mamma(Lizelle_dzign) te hê wat my droom rok kon laat waarmaak en om saam met haar die rok te gemaak het.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19