Marizaan Nortier

Hoër Meisieskool Bloemhof

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok moes stylvol en elegant wees. Die rok moes ook die 'wow' faktor hê en my persoonlikheid na vore bring. Die rok se styl was vir my gemaklik en het my soos 'n prinses laat voel. Ek wou 'n rok hê met geen blinkertjies of diamante op nie. Dit moes 'n rok wees wat die ware 'ek' kon sien. My gunsteling kleur is oranje - dus die rede vir my kleur en my gunsteling blom die tulp - dus die rede vir my ontwerp. Met idees en fotos is my droomrok ontwerp deur Sonja Fourie van Angel Anne Designs.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoër Meisieskool Bloemhof

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Van kleins af is rokke is deel van my. Ek stel belang in die mode wereld en rokke is die raamwerk van my lewe. Ek wou 'n rok hê wat ek geweet het nie almal gaan dra nie. Ek wou uniek wees. Eenvoud maar klassiek. My inspirasie het defnitief gekom van vorige jare se matrieks, want hulle was my verwysingsraamwerk vir 'n mooi rok.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Sjoe beslis die valle en die lae rug. Wanneer ek geloop het - die rok se kanteling en swaai my laat besef - my rok is ek, ek is uniek en dra my droomrok selfversekerd en met baie trots ♥

Datum van matriekafskeid?

2024-09-18

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media