Marisse Huysamen



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
ELEGANTIA NON EST DE NOTATIONE, DE MEMORIA EST: Hierdie lewens "Motto" van my beteken "elegance is not about being noticed it's about being remembered" , daarom wou ek seker maak ek het n rok wat onthou sal word en nie net soos die tipiese feetjie rok lyk nie.
Jolache Couture het hierdie visie van my rok lewe gegee. Steentjie vir steentjie , wat een vir een met die hand opgewerk is,het ons gesien hoe n "blank canvas" verander in die rok van my drome.
Die kombinasie van stene en blomme was vir my die perfekte balans tussen elegansie en vroulikheid! Die rankende blom patrone simboliseer die groei wat ek in die 18 jaar van my bestaan ondergaan het en die steentjies herinner my om nooit my sprankel te laat verdof nie.
Met hierdie rok het ek gevoel soos een van die supersterre op n rooi tapyt en glo ek dat my persoonlikheid nie beter uitgebeeld kon word deur enige ander rok nie!
My rok skree: "Be like a diamond precious and rare, not like a stone that is found everywhere!"