Mariska Slavik

Cornwall Hill College

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is geïnspireer deur die 50's-styl. Daardie klassieke, elegante atmosfeer met vol rompe en unieke detailwerk. Dit het so spesiaal gevoel om 'n rok te dra wat my ma ontwerp en gemaak het, veral een wat geïnspireer is deur daardie era. Ons het besluit op oester kleur en stylelemente ingewerk.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die 50's-mode het 'n tydlose, elegante styl wat mens regtig laat uitstaan. Daardie era se mode, met die vol rompe en fyn detail werk, het so 'n romantiese gevoel – ek is absoluut mal daaroor! Die klassieke snit van daardie tyd werk altyd perfek vir 'n elegante geleentheid soos 'n matriekafskeid.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Definitief die feit dat my ma die rok ontwerp en gemaak het! Dit het ook die rok net soveel meer persoonlik en uniek laat voel - asof ek die enigste meisie in die wêreld is met so 'n pragtige rok! Nog meer, die feit dat my ma dit kon reg kry om so mooi al die krale en kant op te werk. Dan het die rok se 50s styl my laat terug reis na 'n tyd waar als net soveel meer eenvoudig en elegant gelyk het. As 'n danser het die rok se vloeiende beweging direk met my hart gepraat, ek wou net die heeltyd draai en swaai! Dankie mamma, ek het so spesiaal gevoel - sag, elegant, en dromerig. Die klassieke atmosfeer, die vol romp, en die oesterkleurige keuse was sjiek-verby.

Datum van matriekafskeid?

2024-10-11

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media