Marie-Louise Strydom

Hoërskool Framesby

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Na my kroning as Mej Framesby 2024 het ek gevoel dis nodig om iets anders toe doen vir my matriekafskeidrok. Iets eie aan myself. Ek was mal oor my Mej Framesby rok - dit was blink en het veral onder die verhoogligte pragtig vertoon. Ek het egter gevoel ek wil nie dieselfde tipe materiaal en tekstuur vir ‘n tweede keer in my finale jaar dra nie. Dis toe dat die pinterest avontuur begin het van ondersoek na alternatiewe materiaal en ek het dadelik verlief geraak op die gedetaileerde gaas bo oor die satyn. Ek en my ontwerper (Heinz in Style) het toe dadelik begin soek na die perfekte lap. Lap was beperk in Gqeberha, en hy het die mooiste materiaal in Kaapstad gevind. ‘n Materiaalstuk wat ek gevoel het iets is wat by my as mens pas…kleurvol met geen vrees vir ander se opinies nie. Die keuse in die snit en vorm van my rok het ek bloot gebaseer op waarmee ek die gemakliste in was en waarin ek mooiste in gevoel het.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Framesby

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Enige vriendin in my lewe, veral my naaste vriendinne, sal kan bevestig dat hulle ‘n blom in my lewe is. ‘Blom’ het oor die jare vir my ‘n gunsteling troetelnaam geword. Blomme is nog altyd vir my ‘n groot simbool deur die lewe, iets wat nog altyd vir my persoonlik uitgestaan het in ons Hemelse Vader se skepping. Dit dien op spesiale geleenthede ter feesvieringe (troues, verjaarsdae, doopdae) maar ook as troos in tye van rou (begrafnisse, en siek wees). Ek glo sterk dat blomme ‘n simbool van die lewe en troos self is - en dat die mooiste bos blomme uit verskillende individuele blomme bestaan. Van jongs af was ons groep vriendinne die “Blomme groep”. Deur my skool jare het ek altyd ‘n veiligie hawe probeer stig vir alle meisies ongeag hulle voorkoms of talente. My geliefdes, veral my kêrel, weet ook goed dat die pad na my hart altyd ‘n mooi bos blomme is. So in kort, my inspirasie vir my matriekafskeidrok was dit wat ek nog altyd waardeer in ons wêreld.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die aantrek en dra van die rok was my gunsteling deel van my matriekafskeid rok en die interaksie wat dit gebring het. Die ontwerp proses - hoe ek en my ma kon saam kyk na lappe en skoene en juwele en so tyd saam kon spandeer tydens ‘n baie besige jaar in ons gesinslewe. Die reaksie op my rok - hoe vriende, familie en onbekkendes my genader het met ‘n glimlag en die rok waardeer het vir die uniekheid daarvan. Hierdie rok was die laaste kleed wat my ouma gesien het voor sy skaars 12 ure ma my Matriekafskeid in ‘n koma gegaan en gesterf het. Sy het die hele jaar geveg vir die oomblik om my in dié rok te sien.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media