Marie Alberts
Hoërskool Duineveld
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My rok was van 'n blinker materiaal gemaak en in die binne kant leoperd patroon.
Die nek lyn is 'n diep V met gaas tussen in, daar is 'n slit in die middel en het 'n oop rug.
Die rok "costum made" was nie my eie ontwerp nie maar vir tannie. My tannie, Nelmari Oostuizen, het die rok vir haar laat maak vir die Presidents Cup waarheen sy saam my oom Louis Oostuizen gegaan het.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Duineveld
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Die rok was, vir die volgende twee redes, my insprirasie. Ek was 13 toe ek in my tannie se kas "dress up" gespeel het. Die eerste keer toe ek die rok aangetrek het, hardloop ek na my tannie en vra of meer sê: "hierdie is my matriekafskeid rok."
Ek het soos 'n ster gevoel. Elke meisies voel seker so, maar ek het soos die mooiste meisies in die wêreld gevoel. My styl is eenvoudig, ek verdwyn eerder in die skare as om uit te staan, maar vir een aand wou ek uitstaan. Die rok het dit moontlik gemaak! As die lig reg op die materiaal val het ek regtig geskitter.
Tweedens, 'n matriekafskeid kos gewoonlik baie geld. Ek het besluit ek wil wys mens kan beeldskoon lyk sonder dat dit jou geld kos. My ma en haar vriendin het my hare en grimering gedoen en my rok was 'n leen stuk. Ja ons was gelukkig dat ek hierdie mooi rok kon leen, maar almal ken iemand met dáárdie rok!
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die leoperd print in die binne kant. Die rok, al was dit nie vir my gemaak nie, was 'n perfekte weerspieëling van my persoonlikheid. Ek is 'n introvert en dit vat my lank om ware self vir ander te wys.....maar in die binne kant is ek 'n pretliewende persoon, altyd op vir 'n avontuur en net "feisty" genoeg.
My gunsteling deel van die rok was dat ek soos myself gevoel het in dit.
Datum van matriekafskeid?
2024-04-10