Marianne Roos

Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek wou met 'n tydlose elegansie my matriekafskeid betree. Dit was juis aanvanklik moeilik om 'n kleur vir my rok te kies omdat ek nie myself wou bind nie. Toe ek op Pinterest gaan soek, kom ek op 'n pragtige foto van 'n swart en wit rok af met 'n groot strik aan die agterkant, maar ek het al vroeër die jaar rokke in soortgelyke snitte gedra vir ander formele funksies en het dus besluit om 'n rok te laat maak, wat daardeur geïnpireer is, maar wat nie presies so lyk nie. Die produk van baie beplanning, raad en my persoonlikheid het weliswaar uitgeloop op die pragtige skepping wat my soveel geluk die aand van die afskeid en ook nou, deur foto's, my bring.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek was altyd baie gekant teen die idee van wit vir 'n matriekafskeidrok omdat dit te vinnig vir my na 'n trourok gelyk het, maar terselfdertyd het my ma 'n wit rok na haar matriekafskeid gedra. Soos ek voorheen genoem het, kon ek nie een kleur kies vir my rok nie. Swart was 'n veilige alternatief as ek kleur wou vermy, maar ek wou 'n verbintenis aan my ma se rok hê, selfs al was wit nie my aanvanklike idee nie. Die swart- en witontwerp op Pinterest het my finaal oortuig; my rok sou nie net swart of wit wees nie, maar beide. Dit is dus duidelik, Pinterest was 'n belangrike inspirasiebron, maar die eintlike inspirasie was my ma.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die gunsteling deel van my rok, was ongetwyfeld die groot wit strik agterop wat ook as 'n sleep vir my rok gedien het. Dit was definitief 'n leidraad na die kreatiewe deel van my persoonlikheid, asook die kinderlike deel van myself.

Datum van matriekafskeid?

2024-10-05

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media