Mari Swanepoel

Hoërskool Jan van Riebeeck

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het van die begin af geweet ek wil ‘n seeblou rok hê met ‘n slit en oop rug om by my blou oë en my liefde vir die oseaan te pas. Ek het net nie geweet hoe dit gaan lyk nie. Ek moes baie lank soek en kopkrap om aan ‘n rok te dink wat by my pas. Ons het eers die lap gekry voordat ons dit ontwerp het om seker te maak dat dit my blou oë komplimenteer. Tannie Riana Viljoen het die rok ontwerp en gemaak. Dit het ‘n walvissterthalslyn om by die see tema te pas. Die valle is wat dit uniek maak sowel as die silwer kruisbandjies op die rug. Die valle mimiek branders wat uitrol op die strand. Ek het so seker gemaak dat die rok by my persoonlikheid en seehart pas.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Jan van Riebeeck

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie was ‘n russiese bruidsrok, maar Riana het haar eie sjarme en styl bygevoeg om dit uniek te maak. Ek wou baie graag ‘n oop rug gehad het, daarom het ons die ooprug met kruisbande op ‘n ander bruidsrok basseer.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel is die valle. Die silwer lap het in die lig verskillende skakerings van blou en goud uitgestraal afhangend van hoe die lig daarop val net soos die see glinster as die son daarop skyn. As jy dans dan swiep dit rondom jou en dans saam met my soos die branders van die see. Ek het soos ‘n regte meerminprinses gevoel.

Datum van matriekafskeid?

2024-04-10

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media