Mari Du Raan

Hoërskool Diamantveld

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek wou graag n rok gehad het wat elke deel van my beklemtoon . Die bokant met die oop rug is presies wat ek wou gehad het omdat ek nie hou van rokke wat te besig is nie en ek het nog altyd n sagte plekkie gehad vir n rok met n oop rug . Die lang sagte onderkant beklemtoon my lengte perfek , die langer agterkant was beslis ook n gunsteling net omdat dit daai sprokies effek gee en dit was beslis gemaklik om in te dans aangesien n vasdans treffer altyd my aandag trek.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Diamantveld

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir my rok was dat ek almal wou verbaas met my keuse van my rok . Ek wou bietjie uit my “ comfort zone “ kom en die ware Mari uitbeeld . Ek was nog altyd verlief op die kleur koningsblou en ek het geweet die kleur sou baie aandag trek . Die snit van my rok was een wat ek al van droom vandat ek kan onthou en ek wou graag my kleindogtertjie drome waar maak en met hierdie rok het my drome beslis waar geword.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Definitief die bokant van my rok . Die fyn gedetailleerde blinkertjies aan die bokant beskryf wie ek is baie goed . N plat op die aarde plaasmeisie wat nie hou van te veel dingetjies nie. Ek was beslis ook mal daaroor dat my rok perfek gepas het by die kleur van ons kar .

Datum van matriekafskeid?

2024-04-12

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media