Marguerite du Toit



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My keuse is geinspireer deur n bossie veldblomme….want ek lief die natuurlike dinge in die lewe….geel is gewoonlik ook nie n gewilde keuse nie….so ek wou ietsie anders hê…my ouma het elke blommetjie borduur en uitgesny…Nadia May Couture het my pragtige rok met haar kunstenaarshand en my ouma se blommetjies versier. Ek is nie ń prentjie mens nie, so ek kon nie myself voorstel hoe my rok gaan lyk nie, maar elke verwagting is oortref, ek het soos ń prinses gevoel. Ek is ń baie sprankelende, spontane meisie, en die vrolikheid van die geel en die vroulikheid van die blomme het my persoonlikheid so navore gebring. Elke liewe mens het vir my gesê dat my rok basies ek is in ń rok vorm. Die mooiste rok is nie noodwendig die mooiste vir almal nie, maar dis die rok wat by ń mens se persoonlikheid pas en wat ń mens se menswees uit straal.