Maresia Benade

Hoërskool Tuine

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

In 2020 het ek my passie en talent vir naaldwerk ontdek, en aangehou smeek om 'n naaldwerk kurses te doen. Ek was dolgelukkig toe ek in 2021 'n kurses kon voltooi. Van toe af was dit my grootste droom om MY EIE Matriekafskeidrok te maak. In Maart vanjaar het ek met 'n modeontwerper, Lindie Kruger gesels en gevra of sy bereid sal wees om my leiding te gee om my rok self te maak. Ek het my rok self ontwerp, sonder 'n spesifieke kleur in gedagte. Die turkoois kant op die winkelrak het my gekies, soos "a wand a wizard' in Harry Potter. Van daar af het die res van die materiaal en kleur van my rok in plek geval. Ek het self my rok uitgesny, die masjien geryg, met die masjien en met die hand my rok gewerk en los getrek as ek moes. Die eindproduk AL my verwagtinge oortref. Ek voel ek het my persoonlike stempel op my rok afgedruk.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media