Marenique Smit
Hoërskool Kempton Park



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Elke meisie verdien ‘n rok wat asems wegslaan en haar spesiaal laat voel. Daardie meisie droom al van laerskool om haar eens-in-‘n-leeftyd prinses oomblik te hê waar sy haar beste lyk.
Ons het ‘n kunstenares gevra om my te help om juis dit te doen. Elke fyn detail op hierdie meesterstuk is presies en met haar eie passievolle hande vasgewerk.
Met my matriekafskeid wou ek skitter en elegansie uitstraal en dit het ons bereik met Carien Couture. Hierdie rok het definitief my daardie eens-in-‘n-leeftyd prinses oomblik gegee.