Marcel Hayes
Hoër Meisieskool Paarl
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek het reeds vroeg in my rok se beplanning besluit op 'n tweestuk rok en dat die kleur van my rok koningsblou moet wees. Met 'n elegante tweestuk rok met 'n vol-sirkel romp en 'n corset-tipe bokant het hierdie rok verseker om al my klein dogtertjie drome oor 'n matriekafskeidrok waar te maak.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoër Meisieskool Paarl
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het die droom gehad om my rok so perfek as moontlik te maak. Ek het reeds vroeg in my hoërskool loopbaan aan hierdie glansaand begin dink en hoe ek myself kan uitbeeld in my rok. Ek het verskeie idees versamel om inspirasie vir my droom rok te kry, maar die finale produk se ontwerp was 'n gesamentlike poging deur myself en die persoon wat my rok gemaak het.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die kleur en styl van die rok komplimenteer my liggaamsbou en die beweeglikheid en die elegantheid van die rok het my gemaklik en kommerloos laat voel. My rok het ook sakke gehad wat my vryheid van beweging toegelaat het en ek het nie nodig gehad om enige los bykomstighede te hê nie. Die finale produk van hierdie rok het nie 'n spesifieke gunsteling deel nie, omdat alles aan die rok reeds perfek was en werklik my klein dogtertjie droom waar gemaak het.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-18