Madri Bothma
HTS Drostdy



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Omdat ek so klein is het ons geweet dat ons ʼn rok sou moes laat maak. Van klein dogtertjie af wou ek ʼn matriekafskeid rok gehad het wat mens nie kon "Google" om ʼn foto daarvan te kry nie, ek wou gehad het dat dit uniek moet wees. Daarom het ek en Kim Bergins (Ontwerper) gaan sit en my idees op papier gele en dit werklik gemaak. Die kleur van die rok sou afhanklik blou gewees het totdat ons agter gekom het dat die pers beter pas by my oë en kompleks. Die rug was ontwerp sodat mens steeds die sny letsel kan sien van my skoliose operasie in 2020. Elke 3D-blommetjie was met die hand uitgeknip en vasgewerk. Danksy my pa {Abri Bothma Fotografie} is my droom rok vir altyd vas gevang in beeldskone fotos.