Lynette Kock

Hoërskool Durbanville

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het nog altyd geweet dat ek 'n bont lap sal kies vir my rok - toe ons die lap gevind het, weggesteek op die agterste rak van die winkel, het ons geweet dat die perfekte keuse is. My tannie, wie my rok vir my gemaak het, het gehelp om die ideale snit vir my lyf te ontwerp. Ek het geweet ek soek 'n lae V-nek, en ons het sommer die res van die snit ontwerp en verander soos ons aangaan! My tannie het met die idee gekom om die satyn-groen lap as voering aan die binnekant van die rok te laat uitsteek terwyl ek loop, wat beslis die rok perfek bymekaar gebring het.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja, Hoërskool Durbanville

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Daar was 'n paar foto's van rokke waarvaan ons inspirasie getrek het, maar ons het elemente van die foto's geneem as inspirasie en die res self aangepas soos ons aangegaan het.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Beslis die lap - ek is mal oor hoe die materiaal lewe kry onder lig; soms lyk die rok meer groen, en ander kere meer blou of silver. Die satyn-groen lap waarmee die rok gevoer is het ook 'n gunstelingelement van my rok geraak. Alhoewel die snit en styl eenvoudig is, was ek mal oor hoe die rok op my lyf gevoel en gesit het - dit het werklik vir my soos 'n handskoen gepas.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-19

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media