Lynese Eksteen

Hoërskool Noordheuwel

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het besluit op 'n neutrale sjampanje / roos goud kleur omdat dit my vel en my rustige geaardheid komplimenteer. Ek het besluit om my rok 'n een skouer ontwerp te maak omdat dit uniek is en ek van die A-simmetrie daarvan hou. Die een skouer vloei en versprei egalig af op die deursigtige mou van my rok met roos goud steentjies. My rok het 'n lae oop rug waar fyn roos goud steentjies van die rok se patroon af versprei na my rug. Ek droom al van klein tyd af oor my matriekafskeidrok, en Chene Vyver Couture het verseker al my drome waar gemaak en al my verwagtinge oortref.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het verskeie fotos bymekaar gemaak, en het verseker geweet ek wil iets uniek maar steeds elegant hê. Ek het 'n paar rokke aangepas om seker te maak wat ek wil hê en die roos goud kleur het dadelik vir my uitgestaan en by my gepas. Ek en my ma het laat aande gesit en my rok beplan en die een skouer het dadelik my aandag getrek en vir my uitgestaan. Ek wou 'n gemaklike rok gehad het en my rok het my verseker baie gemaklik laat voel. Ek wou ook gehad het my rok moet weerspieël wie ek is en by my persoonlikheid pas.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My hele rok was vir my mooi en dit is moeilik om my gunstelling deel daarvan te kies, maar as ek moet kies is dit verseker my een skouer wat invloei in die deursigtige mou van my rok en my lae oop rug met al die klein steentjies en details wat my rok perfek afrond.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-20

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media