Ek en my ouma het die rok ontwerp vanaf verskeie pinterest ideas wat ek oor die jare van gehou het en sy het dit gemaak. Ons het begin met die liggies en soos die rok gevorder het, het daar kant en skoenlappers bygekom om die ontwerp te voltooi.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Curro Durbanville Hoërskool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek is deel van die skool se beligting span en is mal daaroor om die ligte te doen. My rok het LED liggies in al oor die romp gedeelte om my passie vir ligte doen uit te beeld, die butterflies op die rok is een van my gunsteling diere en blou is nog altyd die kleur waarvan ek die meeste hou.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die liggies is en bly my gunsteling deel. Ek is ook versot op die styl van my rok - ek het as klein dogtertjie altyd vir my ouma gevra dat sy vir my draai rokkies moet maak. ( I am the princess of my own fairytale)