Ludene Coetzee
Hoerskool Punt
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Dit was twee maande voor die matriekafskeid, toe ek wakker skrik en besef ek het n rok nodig.
Op nog n eerlike noot, ek het op Pinterest gegaan en n rok gesien en besluit - dit is die een. Ek het saam n ontwerper gesit en idees en voorstelle gegee. n Foto was in n werklikheid verander. My rok sou nie moontlik wees sonder die amazing @infinitydressboutiquemosselbay nie.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoerskool Punt
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek wou net soos n prinses lyk. Ek wou n rok he wat die klein meisie binne my so breed laat glimlag. ek het n rok gesoek wat ek oor 30 jaar kan op terugkyk en steeds die 'prinses gevoel' kan ervaar. Die rok het soveel meer as my wildste verwagtinge oortref.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel was dat ek n deel van myself kon dra. Dit is n rok wat my laat straal het. Saam n professionele ontwerper het ek n idee n realiteit gemaak. Saam het ons die rok n bietjie meer 'Ludene' gemaak.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19