Lucy Friedenthal

Hoerskool Nelspruit

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het my rok laat maak deur Lynmarie Griffioen Couture. Ek wou n rok gehad het met eenvoudige lyne maar het geen kleur in gedagte gehad nie. Al wat ek wat ek geweet het is dat dit moet interessante materiaal wees en dit moet definitief sparkle! Ek en Lynmarie het n materiaal winkel besoek en na al die opsies gekyk. Na vele kombinasies wat ons saam probeer het, het ons op die Duck egg kleur materiaal besluit omdat dit my vel en oog kleur die beste gekomplimenteer het.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die materiaal het absoluut n lewe van sy eie as dit beweeg as gevolg van die blinkertjies se ontwerp uitleg. Ons het toe besef dit gee die illusie van bewegende water - en dit is ironies want ek is ‘n kompeterende swemmer. Die materiaal het MY absoluut gekies en dit is die perfekte tema vir my Matriek afskeid rok! Almal wat my ken weet swem is ‘n groot deel van my lewe en die kleur is perfekte groen blou kleur van water.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek is mal oor die deurskynende insetsel agter op my rug wat die lae ruglyn beklemtoon. Die rok is noupassend sonder om my beweging te beperk so ek kon maklik beweeg in dit. Die kleur is beslis uniek want dit vertoon soms groen en soms blou

Datum van matriekafskeid?

2024-07-20

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media