Luché Steyn

Hoërskool Garsfontein

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ligblou, swaar satyn rok met ń bandlose, asimetriese, gedetaileerde pêrel/blink bostuk, ń lae rug en ń sleep wat ek kon ophaak.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Garsfontein

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het nog altyd gedroom oor ń tydlose, elegante, vroulike rok, waarin ek ook kon lekker dans. Ek het soveel verskillende idees gehad en het nie geweet waar om te begin nie. Van dag een af het my ontwerper, Joseph Anker, my idees so mooi bymekaargebring. Hy het die lap op my gedrapeer en so het alles vorm gevind. Ek het by elke aanpasgeleentheid by Joseph eers my arms in die lug gehou, om seker te maak ek kan dans! Pêrels was vir my ń moet! Dit was vir my sag afgerond met die fyn detail wat die rok laat uitstaan, maar steeds by my pas. Ek het altyd gedink ek sal ń helder kleur soos pienk of rooi vir my matriekafskeid kies, maar toe die ligblou lap teen my vel gehou word, het dit dadelik by my oë en gelaat gepas… toe weet ek dis die een.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die pêrelknopies op die laerug. Alhoewel dit ń baie klein deel van my rok was, was dit vir my stylvol en klassiek. My rok was prakties, funksioneel en vir my bitter spesiaal. Ek sê nog altyd dat jou matriekafskeidrok gaan nooit vir almal se smaak wees nie, maar dit gaan oor hoe dit jou maak voel. Dit was sulke fyn detail wat my rok in my oë vervul het, en my laat voel het asof ek werklik die rooi tapyt loop.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-21

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media